Monday, October 31, 2011

The invitation



It doesn't interest me what you do for a living.
I want to know what you ache for, and if you dare to dream of meeting your heart's longing.

It doesn't interest me how old you are.
I want to know if you will risk looking like a fool for love, for your dream, for the adventure of being alive.
It doesn't interest me what planets are squaring your moon.
I want to know if you have touched the center of your own sorrow, if you have been opened by life's betrayals or have become shriveled and closed from fear of further pain!
I want to know if you can sit with pain, mine or your own, without moving to hide it or fade it, or fix it.
I want to know if you can be with joy, mine or your own, if you can dance with wildness and let the ecstasy fill you to the tips of your fingers and toes without cautioning us to be careful, to be realistic, to remember the limitations of being human.
It doesn't interest me if the story you are telling me is true.
I want to know if you can disappoint another to be true to yourself; if you can bear the accusation of betrayal and not betray your own soul; if you can be faithless and therefore trustworthy.
I want to know if you can see beauty even when it's not pretty, every day, and if you can source your own life from its presence.
I want to know if you can live with failure, yours and mine, and still stand on the edge of the lake and shout to the silver of the full moon, "Yes!"
It doesn't interest me to know where you live or how much money you have.
I want to know if you can get up, after the night of grief and despair, weary and bruised to the bone, and do what needs to be done to feed the children.
It doesn't interest me who you know or how you came to be here.
I want to know if you will stand in the center of the fire with me and not shrink back.
It doesn't interest me where or what or with whom you have studied.
I want to know what sustains you, from the inside, when all else falls away.
I want to know if you can be alone with yourself and if you truly like the company you keep in the empty moments.

by
Oriah Mountain Dreamer
copyright © 1999 by Oriah Mountain Dreamer.

Monday, July 11, 2011

Words of affirmation

 
 
 
'n Vriendin het vanoggend hierdie stukkie vir my gegee as antwoorde op vrae waarmee ek worstel...... dit is hoe ek liefde beleef, nie net vir jou geliefde maar ook vir die ander geliefdes in jou lewe - soos jou kinders, familie en vriende.... nie baie mense kry hierdie 100 persent reg nie en daarom kan hulle jou partykeer erg seermaak (jy sal bloedneus op die grond lê en leeg bloei), sonder dat hulle daarvan bewus is, sommige mense leef anders, (hulle is selfsugtig net lief vir hulle eie, en bekommer nie oor ander se gevoelens, as iets jou nie direk raak waarvoor ekstra effort insit? maklik - me, myself and I)  vir sommige mense - well they just don't care enough...... hulle gee net nie om nie...... punt
 
Persoonlik dink ek hierdie paar goedjies is goed waarmee jy "gebreed" word... jy het dit of jy het dit nie ......  maar dis kwaliteite wat verhoudings (enige verhouding kan maak of breek)  Ek weet nie of jy die goed kan aanleer nie.... kan jy 'n clown nog tricks leer op 'n hoë ouderdom?  Elke woord van hierdie stukkie is waar en belangrik, sommige gaan egter net uithaal wat hy/sy dink belangrik is... die selfsugtiges gaan net daardie uithaal wat op hul eie van toepassing is en dink Yes!!! ek doen al hierdie goed, I'm the best.........maar een wat regtig omgee vir sy geliefdes.... gaan besef waaroor die liefde en susksesvolle verhoudings werklik gaan.... dit gaan oor neem en gee..... nie so moeilike begrip om te verstaan.     
 
 
 
Words of Affirmation
 
Actions don’t always speak louder than words. If this is your love language, unsolicited compliments mean the world to you. Hearing the words, “I love you,” are important—hearing the reasons behind that love sends your spirits skyward. Insults can leave you shattered and are not easily forgotten.
 
Quality Time
 
In the vernacular of Quality Time, nothing says, “I love you,” like full, undivided attention. Being there for this type of person is critical, but really being there—with the TV off, fork and knife down, and all chores and tasks on standby—makes your significant other feel truly special and loved. Distractions, postponed dates, or the failure to listen can be especially hurtful.
 
Receiving Gifts
 
Don’t mistake this love language for materialism; the receiver of gifts thrives on the love, thoughtfulness, and effort behind the gift. If you speak this language, the perfect gift or gesture shows that you are known, you are cared for, and you are prized above whatever was sacrificed to bring the gift to you. A missed birthday, anniversary, or a hasty, thoughtless gift would be disastrous—so would the absence of everyday gestures.
 
simply put:  
 People who speak the language of  ‘gifts’  do not see gifts as simply material objects -- they are expressions of your love.....to remember special days, even if it's just a handmade card.... 
 
 
Acts of Service
 
Can vacuuming the floors really be an expression of love? Absolutely! Anything you do to ease the burden of responsibilities weighing on an “Acts of Service” person will speak volumes. The words he or she most want to hear: “Let me do that for you.” Laziness, broken commitments, and making more work for them tell speakers of this language their feelings don’t matter.
 
Physical Touch
 
This language isn’t all about the bedroom. A person whose primary language is Physical Touch is, not surprisingly, very touchy. Hugs, pats on the back, holding hands, and thoughtful touches on the arm, shoulder, or face—they can all be ways to show excitement, concern, care, and love. Physical presence and accessibility are crucial, while neglect or abuse can be unforgivable and destructive.
 
 
 

Huldeblyk aan my mams......


  12 Maart 1939 - 23 Junie 2011


Moederliefde is baie spesiaal - 'n liefde reg van bo.... perfek.  Hierdie liefde bind wesens aanmekaar met fyn goue spin draadjies... magical.  Die dag as hierdie liefde jou verlaat ..... raak daar iets van jouself weg... 'n stukkie van jou menswees word weggeneem.....  Dis amper soos om weer van vooraf te leer loop, maar die keer sonder jou mamma se veilige hande ..... baba treëtjies.




My mams is na 'n beter plek of liewer so vertel almal my.  Dis nie wat ek op die oomblik wil hoor nie en ek dink ek gaan nog vir geruime tyd so voel...  ek leer op die oomblik om te loop, sonder my mams wat daar is om my op te help as ek val... wat juig oor daai eerste treëtjie wat ek alleen neem.  Dis weereens 'n alleenpad... maar ek weet ook dat seerkry mens sterker maak en dat hierdie ook sal verbygaan en ek fantastiese, hemelse "memories" met my saamdra. 










Ek het hierdie huldeblyk aan my mams opgedra vir haar begrafnisdiens.....
"Nie een van ons gaan die koue winter van 2011 ooit vergeet nie... ek gaan dit verseker ook nie mis nie - ek sal die pyn, hartseer, eensaamheid en leegheid nooit vergeet nie.
My ma...
Sy staan alleen en kyk deur die hek.... na die wêreld daarbuite - ons wêreld ...
'n Klein handjie waai en sy sê:  ek is lief vir julle.
My hart breek nog so stukkie....ek moet haar daar los... en ek wens ek kon haar weer soos tevore saamneem om te kom kuier- om net weer haar oë te sien blink as sy om haar kinders en kleinkinders is....
Voorheen was sy deel van daai besige lewe daarbuite, bankbestuurderes, partytjies en al die joligheid wat daarmee saamgaan, veral die joligheid ..... maar dit voel soos 'n leeftyd terug. Aan die einde was sy egter steeds die perfekte voorbeeld van vroulikheid, 'n "lady" - nogsteeds geglimlag, nogsteeds sag en vriendelik en het na haarself omgesien  - wel op haar eie manier... al was die een sokkie soms oranje en die ander pienk... want Alzeimer het meeste van haar weggeneem en niks terug gegee nie....  Ons het egter 'n punt daarvan gemaak om te sorg dat sy lyk soos sy voorheen gelyk het, haar hare was weekliks gedoen en sy was gedress in die "latest fashion" - soos sy gewoond was.
Ek is seker julle sal almal onthou... sy het gelewe, voluit gelewe en daar was niks op aarde wat sy nie gedoen of beleef het nie....
Sy het geleef asof môre nie daar is nie, sonder reëls.... hoekom moet mens in elk geval volgens reëls lewe, jy moet net voluit lewe en doen wat jou en jou geliefdes gelukkig maak, want die lewe is kort en môre mag dalk te laat wees om daai gunsteling  rooi roos vir jou ma te neem..... ja! net een enkele bloed rooi roos Muriel - niks meer ......
Na haar bekering was haar lewe om haar kinders en kleinkinders gebou,
sy wou die wêreld vir ons 'n beter plek maak...ons gelukkig sien.
Ons het vir haar 'n woonstel gebou, sy was so opgewonde, haar eie plekkie en sy was so gelukkig...
Ek was gelukkig.... al my kuikens onder een dak....
Ons het vriendinne geword - ek dink dis seker die beste vriendin wat enige mens voor kan vra - jou eie ma.  Sy ken al jou foute en al maak jy droog is sy nogsteeds daar vol liefde en bewondering.
Een oggend kom sy ingestap...
Môre ma ....
Maar sy kan net nie op die oomblik onthou wat my is naam nie,
Sy is deurmekaar ..... en dit was die dag wat die monster sy kake ingeslaan het.
Alzeimer's - Dementia = die monster siekte wat jou geliefdes eensklaps van jou steel.
Daardie dag het die rolle verander, ek was nou Ma.  Dit is 'n alleenpad .....
Deur my Ma se stryd met hierdie monster het sy nogsteeds aan ons liefde uitgedeel, het sy nogsteeds omgegee vir ons en ander.  Haar hart was nogsteeds vol liefde..... die laaste paar dae het ek gedink.... haar lewe was so swaar, was dit alles die moeite werd?   - en ek het gewonder of liewer geworstel..... nou hoekom leef mens ... die dood is so finaal... maar toe kry ek die boodskap.... die wêreld is 'n beter plek ....... sy het liefde agtergelaat....   sonder liefde is daar haat, oorloë en baklei..... 
My ma se weggaan uit hierdie wêreld was nie naastenby so dramaties soos haar lewe nie. Nee.... terwyl die son gesak het, het sy haar asem uitgeblaas... die laaste keer, saggies en stil... -  kwaad, teleurgesteld, alleen, ontnugter deur die dood, leeg en vreeslik bang het ek langs haar bed gesit - sy was nog warm, ek wou nie weggaan nie, ek soek my ma.... 
Terwyl ek daar sit,  het ek geweet niks sal ooit weer dieselfde wees nie ......
Dankie vir die mooi herinneringe, die lesse, geluk en liefde... as ek nie ma se dogter was nie sou ek uitgemis het op alles wat ek is en wie ek is...  Ek neem 'n hart vol liefde met my saam, dis die grootste erfenis wat my ma Jackie vir my nagelaat het...... Liefde .... liefde vir my God, myself, my man,  my kinders, kleinkind, familie en vriende ... . want maak nie saak oor die hoekoms, waaroms, wat gedoen was en wat gebeur het .... sy het elke lewende geliefde en die wat alreeds weg was in liefde onthou ....
......in haar klein wêreld was niemand ooit vêr weg nie,  nee, haar mense was elke dag om haar, op die kas, in die mandjie, teen die dak..... het sy - met ons kinders, haar kleinkinders, ouers en familie gesels... ons nogsteeds lief gehad, haar geliefdes was nooit vêr weg nie  - dis die enigste goeie ding van Alzeimer - soos dit vir my geklink het, kon enige mens wat jy graag wou sien of mee praat langs jou verskyn.
Dit weet ek vir 'n feit:  sy was ongelooflik lief vir ons...... vir julle....selfs deur die monster siekte.....   Onthou haar soos ek haar gaan onthou:  'n klein mensie wat in die boom sit en sing, wat 'n week voor sy hospitaal toe is - een uur in die nag vir die personeel en inwoners 'n opera konsert hou - vanuit haar bed... vrolik en lewenslustig.
Haar gunsteling liedjie was "Fields of gold"  - ek het nou intensief daarna geluister en die boodskap ... sy wou net liefde gehad het - perfekte liefde ... dit was net nooit bestem nie.....
Dankie aan al die familie en vriende - ek dink sy is baie gelukkig om julle vandag hier te sien  ... nee, ek weet dit.

My job is done.   Tata Mamma, ek is jou dogter... uiteindelik kan ek en is ek net weer ......... jou klein dogtertjie. "

*kommentaar gesluit

Monday, November 15, 2010

2010 = the good, the bad and the ugly



Wow wat 'n jaar....
hierdie jaar was soms baie moeilik.....  ek het so baie gewen maar ongelooflik baie verloor ook..
ek het soms stokoud gevoel en anderkere soos 'n kleuter baljaar
soms het ek gedink ek bly in huis Stillewaters maar ander kere was ek heel gelukkig om in die sirkus te woon....
.... siek maar ook uiteindelik gesond, vol lewe en ook lus vir die lewe....
soms het ek geskreeu van die lag maar ander kere was alles donker en het ek gehuil totdat daar nie meer water oor was om trane te produseer .....
die dood het aan ons deur kom klop maar God het ook vir ons nuwe lewe gestuur en volgende jaar word ek 'n ouma :)))
ek het geleer die lewe is hard - 'n lelike plek maar ander kere soen ek die sterre - drink ek al die blinkertjies in die hemel op en sien ek sagte donsveertjies waai in die wind...
ek het geleer van hatige, skelm en oneerlike mense maar het ook fantastiese, lojale en die liefste mense ontmoet....
het soveel nuwe mense ontmoet maar het onvoorwaardelik nogsteeds die ou vriende waardeer en gekoester...
Soms (wel meeste van die tyd),  was ek net stil gedurende die afgelope jaar - het ek van die buitekant gekyk wat met my lewe gebeur - weggekruip vir die lewe - maar het ook aan die einde geleer - dis goed om te deel - jy reis baie rustiger en veiliger as jy net die eerste tree neem... en om weg te kruip help nie - aan die einde het ek besef dit help alles niks, dit is nie asof die probleme en hartseer magically gaan verdwyn nie...
Ek het geleer die duiwel is besig om te dans!!! Maar my Skepper is in alles en oral om my ... nooit te vêr nie!
Ek het geleer om iemand na aan jou te verloor is pynlik en seer en dit veroorsaak vreemde emosies binne jouself soos woede - en dat  jy tyd nodig het .... tyd om te aanvaar en dat dit ok is om hartseer en bang te wees - dat dit ook ok is om te huil - huil maak nie van jou 'n swak mens nie.
Hierdie jaar het ek goed gedoen wat ek nooit moes doen nie - mense vertrou wat ek nooit moes nie - pyn veroorsaak sonder die nodige wag voor die mond...
Ek het dan ook goeie dinge gedoen wat meer van my energie getap het as wat ek besef het - ten koste van myself en my gesondheid - aan die einde van die dag is ek bly ek het - dit was alles die moeite werd en nog meer...
Ek het soveel liefde ervaar en ontvang maar ongelukkig het ek ook haat in aksie gesien - gesien dat daar mense is wat oor soveel van hierdie bestandeel beskik dat hulle ander kan breek en stukkend agterlaat.  Omdat ek nog altyd in 'n happy bubble gelewe het, in my eie kokon of wêreld was dit moeilik om hierdie te verstaan en daarmee te deel ... ek is nie spyt hieroor nie - en mens is dan ook nooit te oud om te leer nie...
Ek het gesien hoe haat en jaloesie vernietig dit hardloop soos erosie deur jou hart en siel maar omdat liefde groter is as enige iets anders - het ek ook gesien hoe liefde wen en vertroosting bring...
Daar was dae wat ek my Dad gemis het - sy sterk arms - waar ek net kon wees - veilig en sonder om te dink en te doen - waar ek my moeder in haar eie wêreld sien leef het ... soms as ek so vir haar sit en kyk en na haar luister dan dink ek : 
"Mams jy is klaar in die hemel" dis net ons wat eenkant sit .... wat nie hierdie monster siekte verstaan nie...
Ek het die liefde van my man en seuns beleef - hoe kan een mens so gelukkig wees? Soms wonder ek of ek dit werklik verdien......
Ek het geleer van Vader tyd..... dat die afspraak met jou beste vriendin "Dinsdag" nooit gaan wees nie....
Ek het geleer nie almal kan van jou hou nie en jy kan nie van almal hou nie - dis ok, ons is tog almal uniek gemaak - weet wanneer om iemand te sy-stap - weet wanneer jy mag help en wanneer nie - wanneer om iets te ignoreer en wanneer om jou hulp aan te bied. Dis nie nodig om 'n "people pleaser" te wees nie - mens mag "nee" sê!!!  EN DIT IS DIE GROOTSTE LES wat ek hierdie jaar geleer het.... ek het geleer om "NEE" te sê.  Die eerste paar keer was moeilik maar glo my dit word al makliker......

 
Nee wat die lewe is baie kort en môre kan regtig, egtig te laat wees!!!  Drink daai Cappuccino met "room" - kies die duurste parfuum en make- up op die rak - koop daai skreeu pienk bloes as dit vir jou mooi is....paint jou lippe strawberry rooi.....  doen en sê wat jou hart vir jou sê reg is - lewe jou eie lewe - wees lief vir jouself, maak foute - dans tot die son opkom - lê onder die sterre - hardloop in die reën...
Lag, bid en huil .... skryf en leef jou eie sprokie... soms gaan die nare heks jou sprokie befoeter maar het alle sprokies nie maar almal 'n gelukkige einde nie? .... dit hang net van onsself af of die einde "happily ever after" gaan wees.... sny negatiewe elemente en mense uit jou lewe - soek die son en lig en vermy die donker.

Hierdie was die beste jaar van my lewe - ek het verloor maar die skaal wys vir my dat ek baie meer gewen het. 
Daar is soveel om voor dankbaar te wees... ons besef dit net nie altyd nie... dis eers wanneer ons iets verloor .... dan kom die besef hoe geseënd ons werklik is....

Dankie vir al die e posse, skype geselsies, kuiers ....
Dankie vir die lig wat julle aangeskakel het toe alles donker was...
Geniet die laaste paar weke/dae van 2010....

Geseënde Kersfees en voorspoedige 2011!!
 Groete
xoxo

Live Your Dream this Christmas:  ♪♫


Wednesday, November 10, 2010

To all the mothers out there ....




This is for the mothers who have sat up all night with sick toddlers in their arms, wiping up barf laced with Oscar Mayer wieners and cherry Kool-Aid saying, 'It's okay honey, Mommy's here.'

Who have sat in rocking chairs for hours on end soothing crying babies who can't be comforted.

This is for all the mothers who show up at work with spit-up in their hair and milk stains on their blouses and diapers in their purse.

For all the mothers who run carpools and make cookies and sew Halloween costumes. And all the mothers who DON'T.

This for the mothers who gave birth to babies they'll never see. And the mothers who took those babies and gave them homes.

This is for the mothers whose priceless art collections are hanging on their refrigerator doors.

And for all the mothers who froze their buns on metal bleachers at football or soccer games instead of watching from the warmth of their cars.

And that when their kids asked, 'Did you see me, Mom?' they could say, 'Of course, I wouldn't have missed it for the world,' and mean it..

This is for all the mothers who yell at their kids in the grocery store and swat them in despair when they stomp their feet and scream for ice cream before dinner. And for all the mothers who count to ten instead, but realize how child abuse happens.

This is for all the mothers who go hungry, so their children can eat.

For all the mothers who read 'Goodnight, Moon' twice a night for a year. And then read it again. 'Just one more time.'

This is for all the mothers who taught their children to tie their shoelaces before they started school. And for all the mothers who opted for Velcro instead.

This is for all the mothers who teach their sons to cook and their daughters to sink a jump shot.

This is for every mother whose head turns automatically when a little voice calls 'Mom?' in a crowd, even though they know their own offspring are at home -- or even away at college ~or have their own families.

This is for all the mothers who sent their kids to school with stomach aches, assuring them they'd be just FINE once they got there, only to get calls from the school nurse an hour later asking them to please pick them up. Right away.

This is for mothers whose children have gone astray, who can't find the words to reach them.

For all the mothers who bite their lips until they bleed when their 14 year olds dye their hair green.

For all the mothers of the victims of recent school shootings, and the mothers of those who did the shooting.

For the mothers of the survivors, and the mothers who sat in front of their TVs in horror, hugging their child who just came home from school, safely.

This is for all the mothers who taught their children to be peaceful, and now pray they come home safely from a war.

What makes a good Mother anyway? Is it patience? Compassion? Broad hips?

The ability to nurse a baby, cook dinner, and sew a button on a shirt, all at the same time?

Or is it in her heart?

Is it the ache you feel when you watch your son or daughter disappear down the street, walking to school alone for the very first time?

The jolt that takes you from sleep to dread, from bed to crib at 2 A.M. to put your hand on the back of a sleeping baby?

The panic, years later, that comes again at 2 A.M. when you just want to hear their key in the door and know they are safe again in your home?

Or the need to flee from wherever you are and hug your child when you hear news of a fire, a car accident, a child dying?

The emotions of motherhood are universal and so our thoughts are for young mothers stumbling through diaper changes and sleep deprivation... And mature mothers learning to let go.

For working mothers and stay-at-home mothers.

Single mothers and married mothers.

Mothers with money, mothers without.

This is for you all. For all of us...

Hang in there. In the end we can only do the best we can. Tell them every day that we love them. And pray and never stop being a mom..




xoxo